Skip to main content

Vetkryt Musiek

MUSIEK WAT RAAK.
STORIES WAT BLY.

Vetkryt Musiek is gebore uit ons Kinder-Kanaal ‘Die Vetkryt’ op Youtube. Die somtotaal van Vetkryt se inhoud is oorspronklik. Die Liedjies en ‘Die Vetkryt’ episodes word deur Awie Greyling geskryf, (nie ‘KI’ nie). Alhoewel daar van KI (Kunsmatige Intelligensie) gebruik gemaak word tydens die vervaardiging van die musiek en die episodes en al ‘Vetkryt’ se karakters met KI vervaardig is, is dít wat uit hul monde kom 100% deur ‘n mens geskryf.

Ons doen wat ons doen om GOD se Naam te verheerlik. Dink buite die boks. GOD IS BAIE GROTER AS KI! Indien jy verby die KI vervaardiging kan kyk en die boodskap daaragter duidelik kan hoor is jy op die regte spoor. Indien die inhoud jou nie pas nie en jy nie nog nie kan glo nie, het jy die volste reg om verby te ‘scroll’. Niks of niemand sal jou dwing om te kyk of te luister nie, nogtans seën ek jou met ‘n vol en ryk lewe. Mag Sy liefde jou nader trek.

My doel is nie om jou te oortuig om in GOD te glo nie, dit is HEILIGE GEES se inset en die Bybel verwag dit ook nie van my nie. Die doel van my ‘content’ is om GOD se Naam te verheerlik. Ek hoop dat jy Hom reeds ken en indien nie, hoop ek dat jy Hom graag sal wil leer ken. Ek nooi jou om Hom saam met my te loof en te prys. Alles wat ek is en alles wat ek het, is te danke aan Hom. Ek verdien geen lof nie, alles behoort aan GOD!

Waar het Vetkryt Musiek en Die Vetkryt ontstaan?

Awie vertel julle alles. Lindel Smit van Waterberg Stereo gesels met Awie Greyling, die man agter Die Vetkryt en Vetkryt Musiek, en sy karakters en personas.

NUUTSTE VRYSTELLING

THY WILL BE DONE

VETKRYT UNPLUGGED

2026

SINGLE

’n Donker country-worship ballade oor oorgawe, geloof en vertroue in God se wil.

ONTDEK DIE MUSIEK

DRIE KLANKWÊRELDE. EEN HART.

Verken die verskillende musiekidentiteite binne Vetkryt Musiek.

Vetkryt Musiek

Die hoofversameling: moderne Afrikaanse liedjies oor geloof, menswees en die stories tussenin.

Vetkryt Unplugged

Intiem, akoesties en rou — musiek wat nader sit en elke woord laat land.

Die Vetkryt -Kinder Musiek

Musiek vir die jongspan

DIE STEMME

ONTMOET DIE "KUNSTENAARS"

Leer die mense agter die musiek ken.

Awie Greyling

Sanger
Liedjie & Storie Skrywer
Musiek & Ki Vervaardiger


Die mens agter Vetkryt Musiek en Die Vetkryt

Ki KUNSTENAAR (Persona)

Janneman Vetkryt

Ki Persoonlikheid (Persona)
’n Eerlike Afrikaanse stem met liedjies oor geloof, die lewe en die stories wat ons vorm.

Ki KUNSTENAAR (Persona)

Mandy Vetkryt

Warm, opregte musiek met hart — vertel deur ’n stem wat mense nader trek.

Vetkryt Musiek op YouTube

Hier is n paar voorbeelde van wat jy kan sien en luister op Vetkryt Musiek se YouTube blad

Lirieke videos

Inspirasie videos

Vetkryt Musiek op Spotify

ORAL WAAR JY LUISTER

VAT DIE MUSIEK SAAM.

Volg Vetkryt Musiek en wees eerste om nuwe liedjies, video’s en vrystellings te hoor.

Musiek USB's / Stokkies kan net bestel word op WhatsApp op geen ander manier nie. Daar is n WhatsApp knoppie regs onder op die skerm